Smilodon

Smilodon
Tydperk: Pleistoseen – vroeë Holoseen, 2.5–0.01 m. jaar gelede
’n Voorstelling van Smilodon fatalis in Londen, Brittanje.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Smilodon

Lund, 1841
Spesies
  • S. populator Lund, 1842
  • S. fatalis Leidy, 1869
  • S. gracilis Cope, 1880

Smilodon is ’n uitgestorwe genus Katagtiges van die subfamilie Machairodontinae. Dit is waarskynlik die bekendste sabeltandkat en het tydens die Pleistoseen-epog (2,5 miljoen tot 10 000 jaar gelede) in die Amerikas voorgekom. Drie spesies van die genus is bekend en hulle verskil in grootte en bou.

Smilodon was sterker gebou as enige moderne kat, maar veral sy voorste ledemate was goed ontwikkel en sy boonste slagtande besonder lank. Sy kakebeen kon groter oopmaak as moderne katte s’n en hy kon dus groot plantvretende diere soos bisons en kamele vang.

Die dier het waarskynlik in geslote habitats, soos woude en bosagtige dele, voorgekom en hy sou dus sy prooi kon voorlê. Sy afhanklikheid van groot prooi kon daartoe gelei het dat hy uitgesterf het – min of meer in die tyd toe die megafauna in Noord- en Suid-Amerika verdwyn het, sowat 10 000 jaar gelede. Wetenskaplikes is nie seker of die diere alleen of in groepe voorgekom het nie – ’n ontleding van die gedrag van moderne roofdiere sowel as van Smilodon-fossiele steun albei teorieë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search